Matriekafskeid

Lisa Opperman

Ek het ‘n prentjie van ‘n soortgelyke rok ‘n paar jaar gelede in ‘n tydskrif gesien. Ek het onmiddelik geweet dis my droomrok wat ek graag vir die matriekafskeid wil dra. Die rok is nie mode-gebonde nie, is stylvol en klassiek. Hierdie eienskappe van my rok pas by my persoonlikheid. Ek wou ‘n rok dra wat vertel wie ek is en wat uitstaan en nie saamsmelt met al die ander rokke nie. Ek was verskriklik opgewonde om my rok te dra en met elke pas wou ek nie die rok uittrek nie. Ek het soos ‘n sprokiesprinses gevoel, dankie tannie Werdi!

Sien alle inskrywings