Matriekafskeid

Liza Willemse

Die spreekwoord sê: “Hoe rooier, hoe mooier”, toevallig is dit my gunsteling kleur! Ek kry gereeld komplimente wanneer ek rooi dra. Daarom was die kleurkeuse van my matriekafskeidrok eenvoudig – ROOI! Die swart detail en bybehore is vir my treffend by my ligte vel en donker hare. Die swart borduurwerk het my rok ‘n klassieke, stylvolle en effens oud-modiese voorkoms gegee. Hierdie rok kan ek weer na spesiale geleenthede aantrek. Die rok se ontwerp beeld my persoonlikheid uit, verskillende fasette in een. Ek het verskeie gunsteling style in hierdie rok gekombineer. Die keuse van die halternek is vleiend vir my figuur. Ek beskou my rok as ‘n tydlose ‘kunswerk’.

 

Sien alle inskrywings

  • Anina

    Pragtige prentjie!

  • Marinda van Zyl

    Wat ‘n beeldskone kind, pragtige rok!!!!!!!

  • Hannetjie Willemse Pta.

    LIEFLIKE MEISIE IN N BESONDER UNIEKE ROK.

  • Letitia

    ‘n Regte model! Absoluut pragtig en ‘n natuurlike skoonheid!