vol
Matriekafskeid

Lize-Marie Volschenk

My inspirasie het van moderne sprokiesverhale gekom, Prinsesse Kate en Charelene. Ek hou van die elegante eenvoud waarvoor Coco Chanel bekend is. Bettie Bingle het ‘n ou Vogue patroon aangepas om my en my smaak perfek te pas. Ek het ‘n knie-lengte rok met ‘n sagte puter kleur gekies, om my lengte te breek, my vel- en haarkleur te beklemtoon en natuurlik om my skoene tot hul reg te laat kom. Omdat dit ‘n aandgeleentheid was het ek ‘n ryk materiaal met baie blink detail gekies en daarom my juwele, hare en grimering baie eenvoudig en natuurlik gehou. Ek het gemaklik gevoel in my rok en daarom het ek die rok gedra en nie die rok vir my nie. My rok se styl is tydloos en ek is seker ek sal nie jare van nou af, soos my ma en haar vriendinne, lag en wonder wat het my besiel nie.

 

Sien alle inskrywings