150_20111013
Matriekafskeid

Lizelle Pretorius

My gunsteling kleur was nog altyd skakerings van blou en groen. Vandat ek ‘n klein dogtertjie was het ek altyd die blou of groen rok gekies en my sussie die pienk of pers een.My ma-hulle het ongelukkig ‘n beperkte begroting gehad en daarom het ek orals gesoek vir iets wat my sak en my smaak sou pas. Dit was so moeilik om ‘n rok wat mooi is, my pas en boonop teen die regte prys te kry. Gelukkig het ons Johan van F Wilson ontmoet wat die rok toe spesiaal vir my ontwerp en gemaak het. … dit was perfek! Ek het nog nooit in my hele lewe so spesiaal en mooi gevoel nie. Dit was ‘n wonderlike aand en Fanie was die beste date ooit!

 

Sien alle inskrywings

  • Riaan van der Merwe

    Lizelle, pragtige foto en jy trek geweldig na jou ma. Ek self was in Waterkloof Hoerskool toe die skool geopen het in 1979. Ons was toe slegs std 7’s en std 6’e (grade 9 en 8 in nou se dae) in die skool en sou die eerste matrieks van die ‘nuwe’ skool wees. Opwindende dae gewees. Jou pa Werner het saam met my weermagkampe gedoen in Voortrekkerhoogte (ek dink dis nou Thaba- Tswane) en jou ma Helga was swanger met jou ek dink toe ek en my vrou Bonita hulle laas gesien het. Ek vertrou dat jy ‘n mooi toekoms as model sal he, sou dit die loopbaan wees wat jy sal kies!