6
Matriekafskeid

Louwna Steenkamp

Ek was 7 jaar oud toe my suster haar matriekafskeid gehad het, soos in ‘n droom het ek vasgenael bly staan toe ‘n meisie met ‘n wit rok verby my sweef!! Net daar het ek besluit dat my rok ook eendag wit moet wees. Ek het my rok ontwerp uit ‘n paar idees wat ek hier en daar gesien het,en bietjie swart ingebring om dit uniek te maak. Dit was fantasties dat ek my droom van baie jare kon laat waar word. Dankie ma en pa dat ek my wit rok kon dra!!

Sien alle inskrywings

  • Ronel Steenkamp

    Sjoe, ma se poppie jy het darem maar mooi gelyk!!! Ek is so bly dat jou droom vir jou kon waar word en mag jou lewensdrome ook vir jou waar word. Dit was vir my en pa ‘n groot plesier omdat jy so pragtig is binne en buite. Luv ya lots xxx En Pierre het net so stunning gelyk!!

  • Magriet

    So moet ‘n mooi matriek meisie mos lyk

  • Alta Erasmus

    ‘n Ongelooflike mooi en besonderse rok! Wat die rok verder spesiaal maak
    is die wit wat afgerond word met die swart insetsels. Louwna, jy lyk "stunning"

  • Estelle Nel

    Hierdie is ‘n pragtige ontwerp, wat stunning by Louwna pas. Haar hare was ongelooflik mooi gedoen. Hierdie is die wenner!

  • Jaennettha

    Louwna, my niggie, jy het pragtig gelyk, asemrowend!!! Jy lyk soos ‘n model uit ‘n boek. Die rok is net so WOW! Jou hare en jou metgesel! WOW!
    Ek hoop jy wen!!!

  • Marietjie Grobbelaar

    Om te dink die kleine dogtertjie wat uit Kimberley uit is het ontpop in ‘n pragtige jong vrou! Jy het pragtig gelyk en ek kan verstaan dat Pa en Ma blom van trots! Sterkte!

  • Des

    Hallo Louwna

    Sjoe meisie maar jy het mooi gelyk. Geen wonder jou ouers is so trots op jou nie. Kan nie glo dit was al jou matriekafskeid nie – so gou het jy grootgeword – ‘n pragtige jong dame wat op die vooraand van ‘n hele "nuwe lewe" staan, want binnekort is jy ‘n student. Ons wens vir jou sterkte op jou lewenspad en sukses met jou studies. Wat jy ook al aanpak, mag dit jou vreugde en geluk bring.
    Liefde
    Tannie Des, Oom Jan & Lindy xx

  • Sunel

    Wow my sussie jy het asemrowend gelyk!!! Ek kan nie glo jyt so vinnig groot geword nie ek is ongelooflik trots op jou. Jy en Pierre het al twee stunning gelyk!! Lief jou baie. Sunel en Hendri

  • Maryke

    Daai rok is stunning, jy het PRAGTIG gelyk!!! Ek kan nie glo jy het dit self ontwerp nie! My kleinsus word nou so groot…
    Sterkte ook met die laaste bietjie wat oorbly van die matriek eindeksamen, ons almal dink aan jou, byt vas!! Baie liefde, jou grootsus.

  • Kamentha Govender

    Wow , absolutely gorgeous and you look stunning.

  • Michelle Harding

    Jy lyk pragtig!!!

  • Colleen Blaine

    Looks fantastic what a beautiful dress! Stunning altogether.