Matriekafskeid

Lüzahndi Maritz

Ek is plein en plat op die aarde… Die jaar het aangebreek waarin ek my droomrok vir my eie matriekafskeid kon kry. Ek het nie ‘n idee gehad hoe dit moet lyk nie en het op die internet bietjie idees gaan soek. daar het ek so ‘n paar prentjies gesien wat my oog gevang het. Na ‘n paar woord wisseling met my sussie oor hoe my rok moet lyk het ek besluit. My insperasie was my sussie Jasmijn, my mamma Magda en Trudie Mulder, en natuurlik my liefde vir die natuur. Ek het dadelik geweet dat ek krale werk en blomme uit die krale op my rok soek, maar dit moes min gewees het sodat ek nie “fake” sou lyk nie maar sou lyk soos wie ek is en waarvan ek hou. Ek het my droomrok gehad en as ek weer kon kies sou ek dieselfde prentjie in my kop gehad het oor my rok.

 

Sien alle inskrywings

  • Alida Jordaan

    Ai Zahndi – kind, jy het pragtig gelyk, die rok is sooooooooo jy! Ons is bly jy kon jou droomrok kry, dankie vir die Pappa en Mamma wat jy het! Mag jy ook ander mense se harte steel met jou glimlag en jou pragtige sonskyn ge aardheid. Baie lief vir jou. Ta Alida

  • Phia

    Jy is stunning zantjies! My gunsteling, sonder twyfel!!

  • Nico Maritz

    Pragtig, ja so mooi het ek nog nie gesien nie. Die rok is jy en en jy maak die rok!!!!!. Pikkewyn jy is besig om tot jou reg te kom, die rabedoe van kleintyd is nou ‘n regte hartebreker. Indien jy nie wen nie moet ons die beoordeelaars maar afdank.
    Ons is almal Lief vir jou. Die Baas

  • jaunti

    Jy het stunning gelyk,om eerlik met jou te wees,het jy die mooiste rok aan gehad wat ek gesien het die matriek afskeid,jy het baie mooi gelyk*.

  • Elizna Bestbier

    Aaahhh…jyt regtig BAIE mooi gelyk!!* En jyt beslis nie "fake" gelyk nie..plat en plein,maar tog beeldskoon! Jys een van die min kinders wat baie mooi gelyk het en wie se rokke regtig "WOW"!! Was.Bly altyd net soos jy is..plat op die aarde;)

  • Ruzelda van Dyk

    Beeldskoon, Lüzahndi! Wow, en die nie net die rok wat so mooi is nie, maar die vrou daarbinne ook! So stylvol.

  • Bennie Giessing

    Yes, jy lyk pragtig ou girl HOOP jy WEN!!!!! Ek hou duime vas vir jou laat dit goed gaan.

  • Enid

    Jy het pragtig gelyk en almal kon sien dat jy ook so gevoel het! Jy en jou rok was gemaklik met mekaar en dis iets wat min kan se.

  • Trudie Mulder

    Luzandi!!! Dis mal mooi!!!! Kani, glo jy gan weg nie!!! Mis juw alkla! mwa*

  • myburgh hanekom

    Jy het baie mooi gelyk pragtig hoor .sexy hoender ha ha

  • Jasmijn Maritz

    Sussie!!!!!!!!!
    Jyt amper so mooi soos ek gelyk op my matriekafkeid. Hehehe. Ok, all jokes aside….jyt baie mooi gelyk. Die rok lyk nie soos wat jou prentjie was nie…..dit lyk baie mooier omdat jy dit aan het! As jy nie wen nie sal almal met jou ou sus te doen kry. My sussie word darm nou hopeloos te gou groot. Lief jou baie. mwa mwa

  • Sanet Slade

    Zaan,

    Jy het pragtig gelyk …. ‘n pragtige mooi meisiekind van binne en van buite. Jou rok is ‘n droom met daardie perdeby lyfie van jou. Jy het gestraal – ek stem saam met Alida en weet jy is ‘n wow wow wow meisiekind.

    Sanet

  • Suretta Venter

    Pragtig! Ek hou van die detail en hoe die kleur van die rok jou komplimenteer. Sterkte en alles van die beste!

  • Pieter van Zyl

    Wow Zani…* Mooiste rok van al hierdie dames!! Defnitief n wen rok!! 🙂