Matriekafskeid

Luze Zietsman

Ek het altyd ‘n idee gehad van hoe ek my matriekafskeidrok wou he… Lae rug, mooi halslyn en ‘n hoe slit, ek wou ‘n baie “sexy” rok he omdat ek gevoel het my troudag is die dag waarop ek meer konserwatief sou lyk… nooit het ek gedink dat my matriekafskeidrok ‘n regte prinses balrok sou wees nie. Ek was in Februarie opsoek na ‘n Valentynsbal rok, ek en my ma het ‘n inkopiesentrum besoek waar ons in ‘n boutique ingestap het. Die winkel het so pas ‘n rok, enig van sy soort, uit Amerika gekryr. Dit was glad nie my styl nie, maar my ma het gese ek moet dit aanpas om te kyk hoe die snit aan my lyk. Toe ek uit die aanpaskamer kom, en die trane in haar oe sien opdam, het ek geweet, dis die EEN. Die rok het vanaf daardie dag in my kas gehang, en geen rok kon daarna met hom kompeteer nie.

 

Sien alle inskrywings