dscf1419
Matriekafskeid

Magdaleen de Jager

As klein dogtertjie wou ek vreeslik graag ‘n meermin wees – Mamma moes altyd lappe vat en dit soos ‘n meerminstert sny en dan het ek my verbeel ek is Ariel van “The Little Mermaid”. En ek onthou daardie kleindogterjie idees asof dit net gister was… Toe ek in Graad 11 kom, het ek en my tannie gesels oor my matriekafskiedsrok- sy is Mamma se jonger sussie en het vreeslik daarna uitgesien om my rok te help ontwerp en te maak. Ek het haar herinner aan die meerminstert en sy het die wonderlikste prentjie geteken en gevra watter kleur ek my rok wou hê. Ek was so opgewonde toe ek sien wat sy teken- sy het op papier gesit wat ek in my kop gedink het! Sy het toe in Maart 2011 opgevlieg Johannesburg toe en materiaal gaan koop en met haar nuwe borduurmasjien en baie kreatiewe lappies; gare en goetertjies my rok aanmekaar geslaan. Toe dit klaar is het dit my asem weggeslaan. Ek is soos ‘n prinses behandel met my hare en grimering vir die groot aand en het soos die mooiste meermin gevoel op my matriekafskeid. Ek kan amper nie glo dis ek op die foto’s nie!

 

Sien alle inskrywings

  • Christine Speirs

    Jy het darem regtig mooi gelyk!