pa089771
Matriekafskeid

Malinda Jordaan

Almal ken my as die “white indian girl” omdat ek mal is oor indie en alles wat oosters is. Daar is vir my niks so mooi soos indiese klere, kleure en lap nie, dit is die enigste plek waar mens die hele reenboog saam met ‘n tikkie goud kan gebruik sonder om sleg te lyk. My obsessie met hulle kultuur en tradisies was die inspirasie vir my rok.Net vir een dag wou ek ‘n regte indiese prinses wees. Ek wens ek kon vir die hele wereld my mehndi wys(indiese blompatroon henna vir jou hande en voete).Omdat ek ‘n groter meisie is, het baie kinders verwag dat ek nie na die matrieksfkeid sou gaan. Ek wil net graag vir al die groot meisies daar buite se: vergeet van die wereld en stel jouself tevrede, moenie jou matriekafskeid mis nie! Alle dank aan my ma wat elke kraletjie gesit het presies waar ek hom wou he, jy is wonderlik! Ek wens dat ek nog foto’s kon posit sodat julle elke detail kon sien, want selfs die agterkant van my rok het geskitter. Dit is nou twee weke later en ek geniet nogsteeds my mehndi!

Sien alle inskrywings

  • Lizelle

    Pretty dress, very unique idea…