vol_lyf
Matriekafskeid

Marcè Huisamen

Wat doen jy as dit jou Matriekafskeid funksie ( grootste dag van jou Hoërskool loopbaan ) ? Ek het ‘n baie moeilike figuur en was nogals benoud . Dankie liewe Vader het ek gedink , ek het nog ‘n ma wat lewe . Sy kan my met enige iets help ! Haar raad aan my was : ” Marcè moenie bekommerd wees nie , ons sal ‘n plan maak ! ” Dadelik het sy na foto’s begin kyk en eendag met die Sarie Bruid van 31 Augustus 2011 uitgawe by die huis gekom . Ek het heeltyd ‘n “vintage” gevoel gehaad maar nie geweet hoe dit sou lyk met my lyfie en lengte nie ! ( ek is baie kort ) Groot was my verbasing toe ek die foto van my rok juis in die Sarie Bruid sou sien nie . Die bladsy kan ek nie meer onthou nie , maar my ontwerper het gesê ek moet dit in haar hande los ! En kyk nou – wat ‘n prag rok het Tannie Wilma Du Plessis vir my ontwerp wat my figuur en lengte (1.63cm) perfek pas , en so ook my persoonlikheid . Dankie mamma vir soveel moeite , Tannie Wilma vir my rok en dankie aan Sarie Bruid vir ‘n puik tydskrif . Dankie .

 

Sien alle inskrywings

  • Marijke Wagner

    Die rok het jou figuur en kort lyfie baie mooi gepas – was vleiend maar tog sexy ook! Jy het asemrowend daarin gelyk en die skoentjies was te cute en so jy! Daar was so ietsie van als – n bietjie vrou, n bietjie jonk en spank en dan n bietjie Marce…. Was regtig n unieke rok maar tog baie mooi! Marijke Wagner

  • megan

    Pragtig***

  • Rouchel Spalletta

    Pragtig! Iets anders! Nie dieselfde wat mens elke jaar by matriekafskeid funksies sien nie! Baie uniek!

  • A. van Rhyn

    stunning rok Marcé!

  • Vianda Huisamen

    jy lyk baie baie mooi hulle sal baie baie dom wees as jy nie wen nie die rok is anders en een uit n miljoen………………..;-)

  • jg huisamen

    sus jy lyk bitter mooi ek hoop almal sal vi j stem eke weet j gaan wen mwa jy lyk aan di brand van jg

  • Alisna

    Baie mooi maat!*

  • Sonealda

    Dis vir my nou regtig n pragtige foto, regte boere plaas foto, bootse op di melkkan, mooi groot boom bas in di agtergrond en waar sal jy nou so n sexy rok by so hot meisie kan vergelyk!!!

  • Carmen Matthee

    Regtig n flippen mooi rok!! Haha hou hom vir my matriekafskeid oor n paar jaar*

  • Melanie

    Dit is baie uniek dink nie iemand sal ooit daaraan kon dink soos jy ni pas by jou persoonlikheid dis net perfek en dink jy lyk ongelooflik mooi in die rok

  • jaco

    Well done. Jy het iets heeltemal anders as die gewone bal rok gevat. Jy het uit die boks gedink aan al die dinge wat jou pla en waaraan j moet aandag gee om asemrowend te lyk soos j doen. Moet nooit verander of ander mense se slegte kommentaar neem nie. Behou die goeie want jy is perfek soos en wie jy is. Jy het asemrowend gelyk. Ek sou wat gee om jou date te kon wees. Jy het die rok jou eie gemaak en soos altyd geshine. Goeie werk vriendin

  • Desire

    Marce, jy het asemrowend gelyk, ek het net die lap voor die tyd gesien en toe al geweet jy gaan stunning lyk!

  • Leandre de Leeuw

    Jy het pragtig gelyk Marcé, jou persoonlikheid uitgeknip!

  • Corne

    Jy het stunning gelyk ,baie mooi foto,s

  • Jannie H

    Mooiste matriek meisie in die land. Dit is nie jy wat mooi gelyk het in die rok nie, dit is die rok wat mooi gelyk het aan jou. Jy het die rok ‘n guns gedoen.

  • Susan

    Ek stem met Jaco 100% saam hy slaan die spyker op die kop. Jy het stunning gelyk!!!! Die mees oorspronklikste rok en perfek jy!!!

    Iemand so oorspronklik, waaghalsig, nie bang vir die lewe, vol pret en plesier en haarself so goed ken en trots is op wat die Vader vir haar gegee het moet en sal WEN!!!!!

  • Lilani Pieterse aka Juf Pietersielie

    Dis `n pragtige rok Marce’tjie! Dis vintage maar tog so modern. Ek is mal oor die kant, maak dit baie vroulik en die boots maak dit so jy ! `n Vurige hokkie bokkie en sagtebalspeler van formaat. Jou hare, grimering, rok…alles stylvol en perfek!!
    :) Lili

  • Alisha

    oky dis is n mooi rok* = }