img_5959
Matriekafskeid

Marcelle du Plessis

Ek het hierdie rok op die program “Project Runway” gesien. Ek was dadelik verlief op die rok en het daar besluit dit is my rok. My ma moes eers besluit of sy die rok sal kan maak, want ons kon nie n patroon kry wat enigsins soos die rok is nie. Die rok was toe gemaak deur n dag van heeltyd pop speel en aanpas, stik, aanpas, stik. Ons het die donderdag voor die matriekafskeid, wat op die volgende dinsdag was, begin sny en toe die rok die sondag klaar gemaak. Die rok het presies uitgekom soos wat ek dit wou hê!

 

Sien alle inskrywings