Matriekafskeid

Margo Lamprecht

Ek het eers ‘n paar rokke gaan aanpas om te kyk watter styl by my figuur pas en toe het ek op die internet foto’s gaan soek. Ek het op J-Mendel se “Spring collection” 2010 afgekom en een rok gevind wat ek sommer dadelik geweet het ek wil hê. Tannie Frances het ook baie van die rok gehou en dadelik begin teken en my meet. Die kleur, “lavender”, van die lap (chiffon) het ek eers besluit in die winkel toe ek verskillencde kleure lap oor my lyf drapeer. Ek hou van dié kleur, omdat dit nie so helder is nie, maar tog nie grys nie. Dit is nie ‘n kleur wat baie mense sal hê nie. Daar is op die bostuk diamanté en ook baie min op die middelste deel van die onderste laag. Ek hou nie van rokke wat oordoen is of wat te styf aan mens se lyf vasklou nie. Ek wou sag en vroulik lyk. Die rok is ook so ontwerp dat ek later in die aand ‘n band kon inhaak om die bostuk in ‘n halternek te verander.

Sien alle inskrywings

  • M VAN ZYL

    PRAGTIG MOOISTE ROK

  • Leilani Roote

    Figure? What figure, you are hiding it in that sack!! The color looks beautiful on you, you could of left the "pin-up flaps" off and had an empire-waste styled dress and you would of been way up there on the "drop dead gorgeous" list …. sorry but I don’t like it.

  • Anita Stanley

    Enig in sy soort – dit lyk baie mooi, ek hou daarvan! Mooiste rok.

  • FnzxJz rxqhlvlfoloo, [url=http://pzbkdrcrxzbz.com/]pzbkdrcrxzbz[/url], [link=http://yuzwwwgqzgfh.com/]yuzwwwgqzgfh[/link], http://ijopwjyljagb.com/

  • Sonja Knoesen

    ‘n Pragtige meisie, in ‘n pragtige rok. Jy het styl! Defnitief die mooiste. rok!

  • Esme Engelbrecht

    Ongelooflik mooi! Lekker om n vars jeugdige matriekmeisie in n rok te sien wat by haar ouderdom pas! Jy is die enigste een wat lyk soos n tiener en nie "18 going on 40′ nie!, die ander rokke is of te oud of te sexy. Jy is BEAUTIFUL!

  • Lillian Engelbrecht

    model mooi….met daai lyf kan jy enige rok dra! die kleur is pragtig en jy lyk STUNNING!! 🙂 🙂

  • Ilze van Zyl

    Ek ken jou glad nie, ma styl is iets wat nie almal het nie.. moet se jy het dit!!

  • Francois

    Ek wonder in watter voorstad van De Aar het Leilani gewoon,so terloops, wat beteken "could of left"?
    Ek dink ook dat Margo dit duidelik gestel het dat sy nie hou van kaal en klewerige goeters nie.
    Margo, jy het pragtig gelyk, moenie jou steur aan sulke knormoere nie!

  • Lea Knoesen

    baie baie mooi rok! hou baie van die kleur!