Matriekafskeid

Mari Boer

Ek is ‘n plattelandse meisie wat daarvan hou om in die buitelig te wees. Ek hou ook daarvan om in die stad te gaan kuier en hou graag tred met al die nuutste modes. Dit is juis waarvandaan my inspirasie kom: van die trefferreeks Gossip Girl se Blake Lively. Sy trek altyd die mees asemrowendste rokke aan wat tydloos en stylvol is, waarokal sy gaan.Blakely weerspieël ook hoe om die perfekte jong vrou te wees deurdat sy altyd op haar beste lyk en hope selfvertroue het. My haarstyl vir die aand was ook geinspereer deur haar, want dit laat die rok meer spelerig en jonk lyk. Dit het ook die skouerdetail en mooi snit van die rok se rugkant gewys. Na ‘n lang soektog in verskillende winkels en in verskillende dorpe het ek ook (gelukkig) my eie ‘Gossip Girl’-rok gekry. Dit sit soos ‘n handskoen, dra gemaklik en dit het vir my gevoel of ek oppad was na die Oscars toe!

 

Sien alle inskrywings

  • Ulricke Laubscher

    fabulous Mari!!!!! wow, well done!!!! trots op jou hoor!!! jy en sus moet kom kuier vir my by HSC!!!! xx