Matriekafskeid

Marilie Kotze

Dit was vir my n onvergeetlike aand! Alles was perfek,en ek het soos n prinses gevoel in my pragtige rok! My tannie het my rok gemaak. Ek het vir haar n prentjie gepos en ons het eendag gaan lap koop in vereeniging en in die Julie vakansie het sy hom in 5 dae gemaak. Die kleur van die rok was seker die moeilikste besluit,omdat ek rooi hare het het ek baie getwyfel of ek die regte keuse maak met rooi…maar soos hul se:hoe rooier hoe mooier 🙂 Die rok het baie gemaklik gesit en ek dink hy het my lyf mooi vertoon. Ek het die idee gekry by n foto wat ek in n tydskrif gesien het. My tannie het my baie geinspireer,want ek het nie gedink mens kan so pragtige rok in so kort tydjie maak nie! Dit was vir my n lekker ondervinding om by te sit en te sien hoe hy van die begin af gemaak is,ek het tot help kant uitknip! My matriekafskyd was BETER as wat ek ooit kon droom!!

 

Sien alle inskrywings