Matriekafskeid

Marischel Roesch

Elke dogtertjie se droom is die perfekte matriekafskeid en troue. Sy wil soos ‘n prinses voel en soos “Cinderella “ lyk. Ek het nooit soos ander dogtertjies “dress up” gespeel of my ma se rokke aangetrek nie. Ek het in graad agt begin droom van my rok, maar was nog onseker. Eers in Januarie het ek ernstig na my droom rok begin soek. Ons besoek die Mayville sentrum gereeld. Ek het die mooiste rok in Barronne Bruidshuis se venster gesien, en die volgende dag ‘n afspraak gemaak, om die rok te gaan pas. My droom het in duie gestort. Die rok is reeds verkoop. Ek is ‘n dag te laat. Die ontwerper Dani het voorgestel dat ek die Silver rok aanpas. In die spieël het “Cinderrella” na my terug gestaar. Nog nooit het ek so asemrowend gelyk nie. My matriekafskeid was perfek.

 

Sien alle inskrywings

  • Delene

    Jy lyk pragtig en dis waarlik ‘n Cinderrella rok, ek kan net dink hoe mooi jy moes gevoel het.

  • Nicholene

    Absoluut asemrowend. Besondere kleur en rok. Pragtig!

  • Sharnelle Kloppers

    Marischel, jy het pragtige gelyk, mooier as Cinderrella…ons is so bly ons kon jou help om jou dag en jou droom waar te laat word. Jy is ‘n pragtige mens, en ek glo jou ouers is baie trots op jou.

    Baie liefde

  • Amanda Hartman

    Ek stem saam, sy het soos ‘n regte ‘prom queen’ gelyk. My pragtige broerskind het my skoon in trane gehad. Ek het baie van die meisies gehou wat soos dogtertjies gelyk het wat klaar is met skool en nie soos modelle wat op die loopplank pronk nie.

  • Wanda Beukes

    Sy lyk werklik pragtig. Rok pas haar uitstekend!!!

  • Liezel

    Stunning rok. Jy het baie mooi gelyk. Bly jou droomdag kon waar word.

  • Kotie Engelbrecht

    Jy lyk pragtig. Net vir jou gemaak en baie besonders. Hoop jy het dit geniet.

    Kotie

  • Mari van Tonder

    Sjoe dis werklik ;n besonderse rok wat jou uitstekend pas jy het ongelooflik mooi gelyk

  • Juanetter Els

    Stunning!!!! Moderne Cinderrrella!!!

  • Elsa

    Baie mooi. Soos ‘n prinses.

  • Gina Stols

    Wow! Wat n rok en wat n pragtige meisie! Jy lyk soos n prinses!!

  • Lizaan Rust

    Marischel, jy het soos ‘n droom prinses gelyk.
    Die rok was asemrowend. Dis gemaak net vir jou.
    Ek is baie trots op jou, jy het van ‘n dogterjtie geblom in ‘n pragtige dame ?

  • Elma

    Oe-la-la! Waarlik pragtig!

  • Ellie

    Pragtige rok, met ‘n pragtige meisie daarin!

  • Liza

    Wow!!! Asemrowend. Mooi kleur rok en die
    hare pas perfek daarby

  • Isabel

    Dit is ‘n pragtige rok! Jy het baie mooi gelyk.

  • Mandie

    Sjoe Dolla, jy lyk absoluut fantasties! Cinderrella kon dit nie eers so goed doen nie. 🙂

  • Ilze Booyse

    Nig, jy het regtig mooi gelyk. Love die rok!

  • Suné van den Berg-Walters

    Heys Marischel. Jy het beeldskoon gelyk. Ek sal sommer die rok weer gebruik vir my trourok ook!!

  • Chamara Pansegrouw

    Pragtig!!!!! Jy is `n prinses! Wat `n mooi rok en kleur by jou!

  • Megan Pansegrouw

    Baie mooi mater!!!! Jy het stunning gelyk!!!!

  • Carien

    Sjoe, dis regtig ‘n stunning rok hoor.