marischel_2
Matriekafskeid

Marischel Roesch

Elke dogtertjie se droom is die perfekte matriekafskeid en troue. Sy wil soos ‘n prinses voel en soos “Cinderella “ lyk. Ek het nooit soos ander dogtertjies “dress up” gespeel of my ma se rokke aangetrek nie. Ek het in graad agt begin droom van my rok, maar was nog onseker. Eers in Januarie het ek ernstig na my droom rok begin soek. Ons besoek die Mayville sentrum gereeld. Ek het die mooiste rok in Barronne Bruidshuis se venster gesien, en die volgende dag ‘n afspraak gemaak, om die rok te gaan pas. My droom het in duie gestort. Die rok is reeds verkoop. Ek is ‘n dag te laat. Die ontwerper Dani het voorgestel dat ek die Silver rok aanpas. In die spieël het “Cinderrella” na my terug gestaar. Nog nooit het ek so asemrowend gelyk nie. My droom is weer van voor af opgebou. My matriekafskeid droom is weer insig, en ek gaan “Cinderella van ons afskeid wees. Die rok was myne, en my matriekafskeid was perfek.

Sien alle inskrywings