‘Die groot afskud’ se Donald verloof en verlief deur dik én dun: ‘Ons is bedoel vir mekaar’
Dis omtrent ’n opwindende jaar vir Donald Fleischmann van Lydenburg in Mpumalanga. Nie net het hy 55,2 kg en 116 cm verloor op VIA se ‘Die groot afskud’ nie, hy het ook die afgelope naweek verloof geraak aan die liefde van sy lewe.