matriekafskeid_228
Matriekafskeid

Marneli Pfaff

My droomrok vir die matriekafskeid sou ‘n spierwit een wees! Ek het dan ook by ‘n boutique geboek om een aan te pas. Die middag van die pas, het ek en my ma eers besluit om eers koffie te gaan drink by die Lakeside Mall. Net toe ons instap by die Mall het ek besluit om gou by die Euro Fashion Boutique in te loer en na hul rokke te kyk. Ek het terwyl ek deur die rokke geblaai het, op die spesifieke rok afgekom en onmiddellik geweet dit is my droomrok! Ek het dadelik gevra om die rok aan te pas, en het nadat ek in die spieel gekyk het net geweet dit is hoe ek wil lyk op my afskeid, sjiek en elegant!

 

Sien alle inskrywings

  • Siobhan Hulk

    Jis maat jy het vrek mooi gelyk!