dscn2167
Matriekafskeid

Marthenel Bam

Ek het van kleinsaf gedroom dat my ma my rok moes maak – nooit gedink dit sal realiseer nie, want sien… my ma se tydsprogram is so volgedruk en ek het gedink dat ek, die jongste “maar weer sou moes terug staan”. My droomrok het ek self so ongeveer 2 jaar gelede geskets… So was dit toe ook… September 2011 het aangebreek, al my vriendinne se rokke was alreeds klaar laat maak of gekoop en lente was in die lug, so my ma was tjok en blok volgedruk met spyseniering vir funksies. Wel ek het net weer ‘n keer besluit as die kans verby is, is dit vergoed verby en niemand anders as my ma gaan my rok maak nie. Met net 1 week oor het sy ingespring met ‘n paar handlangers onder andere ek self ook, en toe begin ons… na 4 dae; 3 nagte; baie redbulls en ‘n spesiale atmosfeer het ons dit gemaak… Die mooiste rok wat ek ooit van kan droom xxx

 

Sien alle inskrywings

  • Erna Duvenage

    Dit is asemrowend mooi!

  • Heleen de Jager

    Ek het deur ‘n klmp van die rokke op hierdie webblad gegaan en jou reok is sonder twyfel die heel besonderste!!

  • Renske Botes

    Baie geluk Martanel. Jy het pragtig gelyk! Ek dink jy het jou rok verdien!

  • Stella de Wet

    Uniek, asemrowend!

  • michele mulder

    Mooier as mooi!

  • Stefanie Rykaart

    Dis pragtig Marthenel en met jou daarin nog mooier!!!!

  • Lidell

    Regtig Pragtig – geen wonder my seuntjie het gedink jy lyk soos bruid nie – en wat dit nog meer spesiaal maak is dat dit met soveel liefde gemaak is en jou droomrok was!

  • Trudie O’Neill

    Pragtig!!!!!!!!!!

  • Eleshia O’Neill

    Sjoe!! Regtig baie mooi!!!

  • Dané Blignaut

    Sjoe nig…Jy het pragtig gelyk. Die rok, sowel as jy, het asemrowend gelyk!!

  • petro van dyk

    Stunning! jou ma moes my rok ook maak!