Matriekafskeid

Maryna Rogers

Ek hou van “anders wees” so ek het twee kleure gekies wat uitstaan maar ook saam baie mooi lyk, ek het die ontwerp self geteken en Chalmain het gehelp waar ek vasgehak het. Ek is mal oor vere so is daar besluit om dit ook in te bring, dit was nogal n soektog na vere wat by my kleure pas. Ek het ook besluit op twee paar skoene “Waterskoene” wat ons self geverf het (aangesien die vervoer na die funksie toe in n Trok was) en dan n mooi paar swart skoentjies vir by die afskeid self. Daar is pers strepe in my hare gesit en ons het ook die vere weer daar ingebring. Vere lyk altyd mooi en deftig en beweeg soos jy beweeg al wat ek nie geweet het nie is dat dit nogal baie swaar kan wees veral as jy so baie vere in jou rok het. Ek het beslis soos n prinses gevoel op my Matriekafskeid.

 

Sien alle inskrywings

  • louise

    Ek was so trots op jou jy het soos n prinses gelyk

  • jenny araujo

    stunning, so vroulik, fyntjies en tog so uniek