dsc_0529
Matriekafskeid

Melissa Lauwrens

Vanaf die oomblik wat Johan (my metgesel) my matriekafskeid toe gevra het, het ek gedroom oor hoe die dag hom sou afspeel en veral hoe ek sou lyk… Ek het myself in ‘n moderne en elegante rok gesien. Ek het oral vir die perfekte rok gesoek in tydskrifte, op die internet, orals waar materiaal op die lyf kon pas het my oog geloer! Wit is my swak punt en swart is ʼn gegewe, my rok was die antwoord!!! Toe ek my rok vir die eerste keer sien was dit soos ‘love at first sight’. Sagte satyn het my volwassenheid weggegee maar die swart strikkies het die meisie in my laat glimlag. Die rok was gorgeous en het MY in materiaal beskryf. Ek het dadelik geweet dié rok sou niks minder as elke toeskouer se aandag vereis nie en my definitief soos ‘n ‘celebrity’ op die rooi tapyt laat voel en lyk. Dié rok het beslis!

Sien alle inskrywings

  • Mari-Louise

    Wow!! dis ‘n stunning rok, pas jou soos ‘n handskoen.

  • Theresa

    Iets anders – baie mooi! en mooi meisie.

  • M

    BAIE MOOI.VIR MY IS DIT REGTIG HEEL BESONDERS.

  • crystal

    stem saam, die rok staan regtig uit! besonders

  • Mari

    Nog een van my gunstelinge. Ten minste in top 3