Matriekafskeid

Melody Joy May

Ek het al die jare gedroom van my matriek –afskeid en dat ek soos ‘n prinses wou lyk. Die prentjie in my kop het dus al hoe sterker geword. Ek het van winkel tot winkel geloop om te kyk of iemand dalk nie so ‘n ontwerp iewers het nie. Toe ek by die winkel – Scarlett in Somerset Mall instap – het ek dadelik geweet dat ek hier my droom rok sou vind. Ek het onopstig deur die rokke geblaai en toe my hand die sand kleurige syskepping raak- het ek geweet dit is die rok. Met die aanpas het ek van oor tot oor geglimlag, want ek was doodseker dat ek perfek sou lyk vir my groot geleentheid. Die dame moes ‘n bietjie verstelwerk doen, my skrale lyfie het tog ‘n bietjie komies gelyk in die rok, maar o wee – na die verstellings was daar niemand wat mooier sou lyk as ek! Ons funksie is eers op Donderdag 9 Desember, maar omdat ek weet dat dit ‘n spesiale rok is het ek moeite gedoen om hierdie kompetisie aan te durf.

Sien alle inskrywings

  • Mari

    Dis ‘n pragtige rok en pas jou uitstekend, ek is seker jy gaan ‘n treffer wees op julle afskeid!

  • Bianca

    Kleur pas jou soos ‘n handskoen. Pragtig Melody