20
Matriekafskeid

Michelle Badenhorst

Om te dink ek moes net een rok kies, terwyl ek van minstens vier gehou het, was vir my die aakligste gevoel ooit. Ek het duisende foto’s van die internet af gelaai en was selfs by ontwerpers. En nogsteeds het ek nie gekry waarvoor ek gesoek het nie. En dis waar ek begin speel het met my eie idees… Omtrent elke week het ek ‘n verandering aan my rok gemaak. (En dit was nie klein veranderings nie). Tot selfs Vrydag, die dag van my Matriekafskeid, het ek ‘n laaste paar veranderings gemaak en 2-uur daardie middag was my laaste paar valle aangewerk. Presies 102 valle! Maar my grootste inspirasie was maar die tyd. Soos dit aangeloop het, so het die idees gekom! Hy is presies soos wat ek hom wou gehad het…

 

Sien alle inskrywings

  • Sunika de Leeuw

    Haar rok was stunning. Mal oor hierdie ontwerp. Daar is soveel "detail" aan die rok, mens kan nie ophou kyk daarna nie! Absoluut asemrowend!

  • Herina Korver

    Sy het ‘n pragtige rok aan! sy lyk soos ‘n fee prinses!

  • Este van der Poel

    Jyt stunning gelyk Chellie. Hoop dit was n amazing aand.

  • Gerda

    Pragtig! Al was daar so baie drama met jou rok, uiteindelik was dit soos wat jy dit wou he. Bly jy het jou aand geniet en baie mooi gelyk. Lief jou

  • Marisca

    Jy het stunning gelyk!!!

  • Jan Botha

    Mooi, mooier die heel mooiste! Welgedaan Michelle jy het stunning gelyk!

  • Rheta de Beer

    Pragtige bo-stuk en valle rond die rok pragtig af. ‘n Dag om vir altyd te onthou. Jy het pragtig gelyk!