matriek_2010_michelle_008
Matriekafskeid

michelle steffen

Ek het n groot droom gehad om eendag op my matriekafskeid soos n prinses te lyk, omdat almal my altyd gesien het as die dood gewone plat op die aarde plaas meisie. Ek het my rok toe begin ontwerp al vroeg laas jaar en dit het toe n werklikheid geword op die 23ste September toe ek op die rooi tapyt uit stap met my prag rok. Ek wou my ma so graag deel van my matriekafskeid hê en my waardering aan haar wys en het haar gevra om my rok te maak en net so terloops, sy is geen kleremaakster nie. Sy het haar dag en nag af gesloof om my soos n prinses te laat lyk en ek waardeer dit so baie. Sal nooit die 23ste September 2010 vergeet nie.

Sien alle inskrywings