photo_024
Matriekafskeid

Michelle Versfeld

Maskers en vere en perels en kleure… ‘n Meisie se matriek afskeid is seker die belangrikste dag in haar skoolloopbaan. Van Gr 8 af begin ons al droom en ontwerp en glo my; ons weet presies wat ons wil he. Die styl en die kleur word al van jongs af bepaal en die ontwerp word in detail beplan. Elke meisie se rok is ‘n uitbeelding van haar ware self. Jou smaak en keuse rok se BAIE oor jouself. Dit is hoekom ek ‘n romantiese balrok gekies het. Die vloeiende valle, uitskop romp en vasruig lyfie is die perfekte weerspieling van ‘n prentjieboek prinses. Dit word immers gese dat ons innerlike prinses ons nooit verlaat nie, die rokkies word net duurder…

 

Sien alle inskrywings

  • roelene botha

    die snit en die kleur pas baie mooi by haar……dit is n baie mooi rok….die fyn detail….blou en silwer….als gaan baie mooi saam

  • Annette

    Ek weet ek is bevooroordeeld want dit is my dogter, maar sy is ongelooflik mooi. Die rok komplimenteer haar velkleur, haar styl en haar figuur. Ek is so bly dit was so ‘n onvergeetlike dag – dis hoe dit moet wees.

  • Brenda Booysen

    Sy lyk soos ‘n ware prinses….jonk, vars, vrolik & mooi….sonder opgesmuktheid !!

  • Annetjie Booysen

    Dit is wanneer daar so sterk band tussen Moeder en Dogter is, dat alles net volmaak was. Hul
    wense, denke en keuse was perfek! Mooier as dit gaan jy nie sommer kry nie, Alle lof en eer aan
    ons Hemelse Vader, Hy het die mooiste prinsessie spesiaal vir ons geleen!

  • Neelsie

    Pragtig, Michelle. Romanties, fyn, vroulik en die kleur is perfek vir jou!

  • Koboes

    MMMMMMMMMMMMMMMMMMMM Pragtig !!!

  • Marcel Versfeld

    Pa vertel: "Ons staan op die trappe van die Voortrekkermonument waar al die ander meisies ook oral foto’s neem. ‘n Groepie mense (deel van ‘n trou foto sessie) staan die meisies en bekyk. Sê die een vrou vir die ander "wow, daai meisie (en sy wys na Michelle, my dogter) is nou regtig die mooiste van al die wat hier rond staan". Dis die beste kommentaar wat ek kon hoor – onafhanklik en uit die perd se bek.

    Nodeloos om te sê "my hemp se knope het net daar en dan met ‘n skeur afgeknars".