Matriekafskeid

Mizan van der Merwe

Nadat ek vir maande gesoek het deur verskillende rokke en ontwerpe het ek die idee vir my rok in ‘n oorsese bruidstydskrif gekry, maar ek het dit aangepas deur die idee te kombineer met ander style en aspekte waarvan ek gehou het en wat my figuur beter sou komplimenteer. Ek wou soos ‘n prinses lyk en voel en daarom het ek die sprokiesagtige rok gekies. My rok is pers omdat dit my gunsteling kleur is en die blink net materiaal het bygedra tot die sprokiesagtige prinses gevoel. Ek wou stylvol lyk, maar ek wou ook my sprankelende persoonlikheid komplimenteer. My rok is my droom rok. My rok IS perfek 🙂

 

Sien alle inskrywings

  • nicole stipp

    jy het stunning gelyk maikie, mis jou erg*

  • hester

    mooi jy lyk pragtig in die pers!!

  • Ricardo Liut

    En jy HET soos n prinses gelyk,,,beeldskoon en ek kan sommer sien jy het n mooi hart baie sterkte!!

  • LeJuan

    wow jou rok staan uit!

  • Karmen

    Ekskuustog ek wil nou nie snaaks wees nie maar jyt reeds die beeld kompetisie gewen so gin die ander bietjie kans toe

  • Mizan van der Merwe

    Jammer Karmen ek stem heeltemal saam! ekt lankal ingeskryf vir die Sarie kompetisie nog voor Beeld sn bekend gemaak is en nog voor ek eens daarvan geweet het. ‘n mens kan ook ongelukkig nie ‘n inskrywing verwyder nie en die kompetisie se wenner word deur beoordelaars besluit 🙂 maar ja ek stem saam ander moet ook ‘n kans kry en daar is heelwat STUNNING rokke in die kompetisie, ek glo egter myne was ook mooi 🙂