Matriekafskeid

Mjön van Blommestein

Ek beskou blou nog altyd as my beste kleur en koningsblou was toevallig dié kleur vir die somer.al wat ek geweet het is ek wil koningsblou kort rokkie dra. My sister het vir my ‘n paar voorbeelde in boeke gewys en 2weke vor die groot aand het ek tot ‘n besluit gekom!Ek het ‘n paar veranderinge aan die skets gemaak en die bal was aan die rol. Ek was so opgewonde maar die selfde tyd bang dit kom nie uit soos ek dit wil hê, omdat dit so kort kennis is nie. Ek het die rok op die dag van die matriekafskeid gaan haal en glad nie aangepas nie, maar net gehoop dit pas perfek ek weet tot vandag nog nie wat ek sou maak as dit nie gepas het nie. Ek was in so ‘n gejaag om my hare,grimering ens te laat doen. Op die ou einde was alles perfek ek het soos ‘n droom gevoel en kon nie wag om dit met almal te deel nie.

Sien alle inskrywings

  • Tania

    Ongelooflike mooi rok, en jy lyk stunning in die kleur!

  • Marco

    Dis regtig ‘n mooi rok vir ‘n baie mooi meisie!
    Alles lyk perfek!

  • Mieke

    Hierdie is definitief ‘n baie stylvolle matriekafskeid rok, met die kleur wat perfek by blonds pas. Ek hou ook van die boe voor die rok, wat dit mooi afrond.

  • Pragtige en stylvolle "vintage look". Komplimenteer jou baie mooi. Die hele prentjie baie stylvol.