mona_287
Matriekafskeid

Monique Blignaut

Die kleur van my rok was geinspireer deur die mode kleure van die seisoen gemeng met my persoonlike gunstelinge – donker diep pers was nog altyd ‘n gunsteling kleur by my en die swart bostuk het bygedra tot die “fairytale princess look”. Ek wou die rooitapyt betree met ‘n rok wat nie net pragtig is nie, maar ook tydloos en saam met my prins die prentjie afrond. My rok is gekoop by Yourday in Centurion, wat daarin spesialiseer om enige meisie/vrou soos ‘n prinses te laat lyk! Ek het donker pers haarverlengings in my hare laat sit om die prentjie te skep van die “hip hop princess”. Dit was nie net my droomrok nie, maar ook my droom dag!

 

Sien alle inskrywings