vollengte
Matriekafskeid

Monique-Mari Hugo

‘n Matriekafskeid is ‘n onvergeetlike geleentheid. Ek wou net graag ‘n rok gehad het wat onvergeetlik vir my sou wees en my aand ongelooflik spesiaal sou maak. Ek wou graag ‘n rok gehad het met ‘n treffende kleur, baie goeie kwaliteit materiaal en wat my persoonlikheid sou weerspieël, ‘n rok wat speels is tog baie elegant. Ek was mal oor my rok se besondere afwerking met skakerings van diamante op die silwer bande van my rok wat kontrasteerend was teenoor my rok se turkoois kleur. My rok het vier lae gehad en was sag en vleiend geval. My rok het ‘n lae rug gehad met fyn bandjies en diamante detail, my aand was baie spesiaal en ek het ongelooflik mooi gevoel in my rok.

 

Sien alle inskrywings

  • mercia oliphant

    Beslis fantastiese rok en unieke styl.

  • Karyn Ferreira

    Mik jo rok was pragtig, het jo soos n handskoen gepas!

  • Lisinda

    Mickey jy het verskriklik mooi gelyk!!! Hou baie van die kleur van jou rok!!!!!