a
Matriekafskeid

Monique van der Merwe

My inspirasie was ‘n klasieke, stylvol en romantiese idee. Ek het nie ‘n presiese idee gehad hoe my rok moes lyk nie. Ek het geweet my hart sal praat en sê, “Dit is die een!”. Ek het baie spesiaal, vroulik en beeldskoon gevoel in my rok, nes ‘n ware prinses. My rok het my soos ‘n handskoen gepas en ek het baie gemaklik gevoel. Bride Zilla het ‘n ongelooflike groot en pragtige reeks van trourokke na aandrokke. Hulle diens en kwaliteit beveel ek vir enige een aan. My matriekafskeid was nie net een aand nie. Ek het lank daarna nog kommentaar ontvang van verskeidenheid mense, wat my geluk gewens het oor hoe pragtig ek gelyk het!

 

Sien alle inskrywings

  • amanda Krieg

    Jy het geskitter soos ‘n ster, jy en jou rok is pragtig

  • Elmarie Oosthuizen

    Hierdie rok is net so sag en vroulik soos Monique self. ‘n Pragtige jong meisie wat weet wat sy wil waarvan sy hou. Sy het ‘n aanvoeling om ‘n uitrusting te kies wat haar persoonlikheid presies weerspieël.

  • Chris du Preez

    Jy het pragtig gelyk my engel!

  • Chantèl Muller

    Pragtig is nie die geskikte woord nie – jy was ASEMROWEND van kroontjie tot toontjie! Menigte mense, insluitend ek, het jou en jou rok as hulle nommer een kandidaat gekies!