Matriekafskeid

Monique van Wyk

Die tipe rok het ek gekies want ek het gevoel dit is heeltemal iets anders….ek wou anders wees en uitstaan en die rok wees wat almal sal onthou.My kleur was geel en swart want ek wou ook “n kleur vat wat nie so algemeen gebruik word gedurende ‘n matriekafskeid nie. Die rok was ‘n nousluitende rok wat my lyf soos ‘n handskoen gepas het. Die groot strik op my rok was iets anders en niemand anders het so iets op hulle rokke gehad nie.Die rok was beter as enige rok wat ek ooit van kon droom en as ek my matriekafskeid oor kon hê sal ek weer presies dieselfde rok met ‘n groot glimlag dra. Ek’t soos ‘n regte prinses in my rok gevoel, stylvol en elegant.Ek kan met sekerheid sê ek het my droomrok en meer op my matriekafskeid gedra. My dank aan Annalidda van Jean Nalida in Klerksdorp sy het my droom bewaarheid om soos ‘n prinses te lyk en voel.

 

Sien alle inskrywings