Matriekafskeid

Nadia Raath

Die kleure van my rok vertel jou meer van my persoonlikheid. Ek is vrolik, kleurvol, glamours en ‘n bietjie anders. Ek het n passie vir mode, fotosessies en styl. Ek het die “fishtale” gekies want dit is baie in die mode en beklemtoon enige vrou se liggaam en kurwes. Die masker was ook iets oorspronklik en ek is geimspireer deur mode advertensies.

Sien alle inskrywings

  • Udo en Jheane

    Vir my as man sê hierdie rok eerder ek is deurmekaar en weet nie wat ek wil hê in die lewe nie. Die kleur is net ‘n deurmekaar spul met geen styl. Wat het jou ouers besiel om dit te laat gebeur? Kon hul jou nie reg help nie? Sou graag meer van jou gesiggie wou sien en nie dat dit agter ‘n masker weg gesteek word nie.

  • Christine B

    NADIA WAT HET JOU BESIEL?????? Daar is geen glamour daarin nie. Lyk my jy het nie ‘n idee gehad wat jy wou doen nie. Jammer

  • Lizzy

    It is stunning!!! I like the colours

  • Susan

    Nadia, jy het pragtig gelyk, besonder mooi kleure gemeng en die styl pas jou lengte en figuur pragtig. Ek hou van die masker, dit is modern en het my aandag getrek.

  • Merle

    Nee wat, ek stem saam, hierdie rok is eerder bedoel vir ‘n "masker-bal". ‘n Matriek-afskeid is tog vir "glans’, dan nie? Nee pop, probeer weer, hierdie een het nie gewerk nie.

  • Denice Mathews

    Nadia, wat ‘n kleur kombinasie. As ‘n verkleurmannetjie op jou moet gaan sit sal hy nie weet watter kleur om te wees nie 🙂 Hou baie van die onderdeel van jou rok maar nie so seker of ek die rok in geheel van hou nie. Dit lyk of jy ‘n mooi gesig het maar ongelukkig verberg die masker dit. Hoop jy het jou aand geniet

  • Leilani Roote

    I am sorry Nadia, but I have to agree, this dress portrays total confusion.

  • Lesley

    JAMMER MAAR WAT GAAN AAN MET HIERDIE ROK?????? Dit is deurmekaar en glad nie glansryk nie. Waar jy daaraan kom dat dit jou liggaam en kurwes beklemtoon weet ek ook nie?? Nee Nadia, glad nie goeie keuse nie

  • Camilla Mac

    Nothing glamour about this dress but definitely colourful. Not for me

  • Natasha

    Sjoe, nee! Ek dink as die kleure net beter by mekaar gepas het, sou dit dalk effens gewerk het. Heeltemal te besig en deurmekaar.

  • Macy

    Was this a masquerade theme? If not, then I am not to crazy about the mask covering your face and I do not like this dress at all.

  • Gerhard

    Asemrowend pragtig! Die persoon wat jou rok ontwerp het, en gemaak het, het beslis hier met ‘n meesterstuk geslaag. Die rok en masker is uniek en beslis fantasties. Jy gaan beslis nog baie kommentaar kry, want dit is die wenrok. Maak jou gereed om in die top-modetydskrifte te verskyn.

  • Johann

    Stunning!! This is such a beautiful dress. The mask is a great idea, dit laat die klem val op jou pragtige glimlag. You got such a beautiful smile. Stunning dress, stunning mask and stunning girl.

  • Sonja

    This is all you can see – a smile – NOTHING of her face and that suck. Rok hopeloos te besig en nie iets opvallends nie

  • magriet

    Pragtig meisie. Ek het deur al die inskrywing gegaan en jou rok en masker het beslis aandag getrek en my oog gevang. Ek dink dit lyk pragtig! Jy het seker fantasties gelyk op die dansvloer met die neon kleure? Dit lyk my die eerste twee persone wat kommentaar gelewer het, beskou jou as ‘n bedreiging teenoor hulle dogter se rok? Almal se rokke is pragtig, maar ek dink jou rok is 2010 se wenrok, en beslis die glans-styl vir die toekoms. Jy is beslis ‘n inspirasie vir volgende jaar se matrieks.

  • Sanmarie

    Nadia, wat is verskil! Jy het uit die box ontwerp, dit lyk pragtig!!! Ek glo jy wou anders lyk en het dit ook reg gekry om anders te lyk. Die kleure is pragtig, net soos jou persoonlikheid. Die masker het die ding vir my gedoen, dit het almal twee keer laat kyk! Mooi so ek is mal oor jou voorkoms

  • Isaac

    Dit lyk pragtig. Baie oorspronklik en uniek.

  • YOLANDIE

    SIES! SIES! SIES! WAT IS MOOI HIERAAN??

  • Monzinelle

    Hey girl, jou rok is treffend pragtig! Dit is mos wat ‘n moderne jong tiener matriekafskeid toe moet dra. Ek laaik dit kwaai, want dit is nie ‘n boring ou-tannie rok met hier en daar biqi borduursel in nie. You go girl, dit is amazingly beautiful.

  • Dee-anne

    Meisie jy lyk alte fraai, vrolik en pragtig.
    Kleurvolle rok met ‘n moderne nuwe styl.
    Hoop jy die aand geniet.
    Jy het pragtig gelyk!!

  • Rencia

    Uit my kunstenaars oogpunt is hierdie rok so mooi en kleurvol en ek is mal daaroor om kleure bymekaar te gooi wat pas. Ek hou nie baie van jou inspirasie storie nie maar die rok is vir my regtig baie mooi. Die masker voltooi die prentjie.

  • Riana

    Jy en hierdie rok is my INSPIRASIE.
    Dit is eie aan jou styl.
    Dit is uniek en werklik iets besonders.
    Die masker is baie oorspronklik.
    Dit beklemtoon jou pragtige nek en skouers.
    Jy lyk perfek.

  • Gertjie

    Baie, baie, baie, baie, baie, baie, baie pragtig.
    Ek gee vir jou sewe keer pragtig vir elke dag van die week.
    Sterkte vir Mej Prom vanaand.
    Mag jy vanaand met die louere wegstap.
    Nou kan jy vandag vir die tweede keer die mooiste voel soos nog ooit.

  • Louise

    Dit vat baie selfvertroue om so stunning rok te dra.
    You go girl!!

  • Quintin

    Dit lyk baie pragtig en stylvol.

  • Jenna

    Wow, brilliant!! Hierdie rok is werklik iets besonders. Die masker is ook ‘n wonderlike idee. You look outstanding!!

  • Henrietta Potgieter

    Uhm…ok…wat ‘n kleurvolle rok. Wow!!

  • Ricky

    Hey fashion girl, this is the fashion of the future! Very beautiful. Can’t wait to hear your name as the winner for the best matric dance dress in 2010.

  • Babs Hattingh

    Jy lyk asemrowend pragtig! Die Here het jou ‘n pragtige mens gemaak. Sterkte met die eindeksamen en mooi wense vir volgende jaar.

  • Venessa

    Baie mooi rok. Jy het beslis ‘n wenner hier beet. Jy lyk soos ‘n pragtige prinses in die murasie-agtergrond.

  • Juanita

    Ek dink dis baie pragtig. Ek wat self n vrou is met kurwes dink jy was in die kol want dit komplimenteer jou figuur baie mooi. Ek wil ook net se dat passende kleure is in die 90s gelos vir n rede. Moenie enige negatiewe kommentaar ernstig opneem nie meeste daarvan is verkeerd gespel.

  • Gerhard

    Jy lyk pragtig!!

  • Erika Duvenhage

    Wow..’n klomp deurmekaar kleure…en ek is mal daaroor. Girl this is awsome. Jy het omtrent ‘n crazy idee hier beetgehad en dit vertoon so mooi. Sterkte

  • Vyan Uys

    Al te pragtig, en mooi kleurvol.
    Jy skitter met besonderse styl.
    Perfek en pragtig in die kol.
    Hierdie is die wenkombinasie met ‘n duisend myl.
    .
    .
    .
    .

  • Ellenor Smyth

    Colourful, colourful. You had guts and it looks stunning.

  • Wian

    Jy lyk pragtig! Hoeveelste was jy in die kompetisie? Ek het Desember se Sarie gekoop, maar daar was geen wenners geplaas nie! Sterkte met die matriek-uitslae. Hoop jy kry sewe onderskeidings.

  • Kobie Botha

    Jy lyk pragtig en moenie dat ander jou andersins oortuig nie!! Jy weet beslis wat jy in die lewe wil hê (baie meer as wat mens van baie ‘grootmense’ kan sê).
    Die kleure pas mooi by die styl – dis ‘n matriekafskeid, nie ‘n troue nie! Dit lyk vrolik en jou bykomstighede pas pragtig.

    Jy het stunning gelyk!

  • Gerhard

    Baie geluk met jou matriekpunte. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie om ‘n gemiddeld bo 80% in die NSC-eksamens te behaal. Sterkte met jou studies. Die jaar 2011 kan net meer uitdagings en sukses voorspel.