Matriekafskeid

Nadia Ward

Ek is ‘n meisie wat graag droom oor allerande dinge… maar op een of ander manier, vreemd genoeg, was my matriekafskeidROK (perongeluk) nie een van hulle nie?! In Mei-maand, het ek myself gevind sonder ‘n idee, kleur, ontwerp of inspirasie oor hoe MY ideale matriekafskeidrok ‘eendag’ gaan lyk.. ‘Eendag’ is toe eweskielik om die draai?! Ek het hom (perongeluk) opgespoor op ‘n gewone ‘rondhardloop’ dag van ‘n matriekulant, in ‘n piepklein weggesteekte winkeltjie in Kaapstad, opsoek na alles behalwe DIT wat ek toe gevind het : ‘n handskoen vir my figuur & persoonlikheid vir die aand van die 26ste Augustus 2011. Die aqua blou, seegroen kleur was vir my rustig, soos ek daarvan hou. Die silwer bykomstighede het die steentjies op die onderkant van my rok (onsigbaar in die foto’s) slegs opgevang wanneer ons rondbaljaar het op die dansvloer. Ek het dit geniet om my lang ‘veil’ rond te swaai en te lag vir die talle kere wat daarop getrap is. Ek sê dankie, vir die onbekende wat daar êrens in die middel van nêrens oorsee sit, en geweet het ~ eendag gaan dié rok ‘n meisie opspoor wat haar soos die cliché : prinses sal laat voel. Perongeluk 🙂

 

Sien alle inskrywings

  • Elsa Ward

    Sooooo pragtig!

  • simone

    Baie sweet ! xxx

  • Ronel

    ‘n regte prinses

  • Lenore

    Asemrowend!

  • Ansie Ras

    ‘n Pragtige rok vir ‘n pragtige jong dame – eksie perfeksie!

  • Aneke

    ONGELOOFLIK mooi !!!

  • Magda Olwagen

    dis stunning!!!!

  • Lene

    Wow dress!