Matriekafskeid

Nadja Nagel

Ek wou iets ANDERS gehad het as al die ander meisies, maar ook iets wat my persoonlikheid weerspieel. Ek het ‘n “weird”streek in my, helderkleure is my gunsteling, leer en jeans. Dit is die materiaal waaruit my rok moes gemaak word. Dit moet steeds stylvol wees en nogsteeds na ‘n matriekafskeid rok. . Ek het na ‘n ontwerper gegaan en met ‘n idee in my kop aan haar probeer verduidelik wat ek wou he. Sy moes in my kop inklim en my persoonlikheid in ag neem want ek het aan haar gese ek soek my persoonlikheid in my rok. Sy het die rok geskets en ek was reeds gaande daaroor. Die aand van die afskeid en al my vriende gese hulle sien my in die rok so ek het gekry wat ek wou deurdat my persoonlikheid weeerspieel word deur my rok

 

Sien alle inskrywings

  • Retha

    Wie kon dink dat denim vir ‘n matriekafskeidsrok gebruik sou word en so pragtig lyk. Nadja ek is al ‘n ‘ou’ vrou en mal oor my denim en ek dink dit het baie mooi en spesiaal gelyk. Pragtig!!

  • Coleen Pienaar

    Jy het rerig so pragtig gelyk. Ek was eers skepties toe jy met jou voorstelling na my toe kom. Maar het myself toe op die ou end so geniet. Dit was pret om hierdie rok te maak!!! 😉

  • Dedre’ Venter

    By verre nog die oulikste rok wat nog deur Coleen Pienaar geskep is. Oorspronklikheid loop loshande voor. Ek is gaande hieroor en as ek nog jonk was sou ek beslis ook so ‘n rok gekies het. Die vryheid van denim gekombieneer met die vroulikheid en sagtheid van kleur en vleur. Oeeee baie mooi!

  • Steve van der Walt

    Dit wil gedoen wees! ‘n Baie spesiale rok, gemaak deur ‘n baie spesiale ontwerper, vir ‘n baie spesiale persoonlikheid en vir ‘n baie spesiale geleentheid.

  • Anneke

    Nadja, jy het ongelooflik stunning gelyk – iets heel anders en ek wens net ek was maer genoeg om dit by jou te kon leen! 🙂

  • Michelle van Blerk

    Dit is sowaar ‘n pragtige rok, jy het stunnig gelyk!!!