Matriekafskeid

Natasha Botha

Op die vars Lentedag het ek gevoel of ek waarlik blom! Die rok het my laat voel of ek net wil blydskap uitstraal. Ek het die ontwerp van my rok gekombineer uit verskeie ander patrone, grootliks omdat ek “anders” wou wees. Ek sien myself al my hele lewe as ‘n individialis en dit was hoe die idee van my rok ontstaan het. Verskeie lae lap van satyn, geplooide organza en tule om my valle te vorm, om die verskeie lae van my persoonlikheid uit te beeld… Met handgeborduurde kant op my bostuk om dit alles mee af te rond. Uniek. Stylvol. Spesiaal. Die woorde is die “gare” wat geweef is om my droomrok ‘n werklikheid te maak.

 

Sien alle inskrywings