dsc_6283edit
Matriekafskeid

Nelien Smith

Ek het eers die finale keuse oor my matriekafskeidrok gemaak, nadat ek die uitnodiging na ons groot aand ontvang het. Die tema was’ Avant garde’ en omdat dit perfek by my styl van oud en nuut gekombineer, dus eklekties, aangepas het, het my keuse geval op die wit en swart nommer met ‘Que Pere’ kant insetsels. My twee gunsteling kleure is wit en swart, omdat die een die afwesigheid van kleur en die ander die totale kleurspektrum verteenwoordig, is die eindresultaat gewoonlik onweerstaanbaar. Dit het letterlik gelyk asof ek deel uitgemaak het van die tafelversierings. Mense beskryf my as ‘n ‘old soul’ en dus het my ontwerper Rika Jacobs ook dit in gedagte gehou toe my rok beplan is. Die speelsheid van my persoonlikheid is weer verteenwoordig in die bloedrooi skoene, wat ook my passies op die dansbaan geaksentueer het. Die dans by ‘n matriekafskeid is vir my baie belangrik, omdat dit ook een van my talente is en my rok het maklik beweeg en baie grasieus vertoon. Ek het ‘n ‘show stopper’ gesoek en dit ook gekry.

 

Sien alle inskrywings

  • Jana Roodt

    Stunning rok, aan ‘n stunning persoon

  • Cindé Mostert

    As ‘n rok ‘n storie kon vertel … het Nelien loshande gewen!!

  • Maggie Oosthuizen

    Baie mooi en elegant!

  • Roa Abraham

    Pragtig, Pragtig!!!

  • Jeannette Geldenhuys

    Dis soos ‘n matriekafskeidsrok moet lyk … ‘n sprokiesrok vir ‘n sprokiesprinses!

  • Anton Smith

    Wow! Dit is asemrowend. Uit `n sprokiesboek. Wens ek kon die prins wees. Sou selfs inwillig om die padda te wees wat jou goue bal uit die visdam uitduik. lol. Jy lyk so stunning. Jy is mooier as `n mens … en die rok … Eisch! Skielik wens ek ek was weer in matriek. Nice!!!!!!!