nelize
Matriekafskeid

Nelize Steenkamp

Ek het iets gesoek wat by my sou pas en my spesiaal sou laat voel het. Ek het verskeie rokke aangepas maar kon nie een kry waarvan ek gehou het nie. Ek het uiteindelik een op die Internet gekry wat naastenby was waarvan ek gehou het. Die tannie wat my rok gemaak het, het veranderings aangebring todat dit my smaak gepas het en voilá, daar is my rok! Ek het lank geneem voor ek kon besluit watter kleur ek wou gehad het vir my rok. Ek het ‘n kleur gekies wat niemand sou verwag het ek sou dra nie. Die rok het ongelooflik lekker gedra en was glad nie moeilik om in te beweeg nie. Nelize

 

Sien alle inskrywings

  • Ann Steenkamp

    Wow, jy het pragtig gelyk. Kan nie glo jy het so gou groot geword nie.

  • Madelein Dercksen

    Die rokkie is pragtig en het Nelize soos ‘n droom gepas. Ons was heel verras met die besonderse blou kleur wat haar pragtige blou ogies beklemtoon het, sy was heel gemaklik in die rokkie en haar stralende glimlaggie het vir ons gewys hoe gelukkig sy is en ons het sommer geweet sy sal die aand terdee geniet in haar droommooie rokkie. Haar keuse van silwer bykomstighede was beslis ‘n treffer!!!

  • Mazz

    Love dit!

  • Luna du Raan

    Ai Nelize en daar huil ek toe weer!! Hierdie rokkie vat jou hele persoonlikheid vir my vas. Dit is ‘n besonderse blou omdat jy besonders is en jy het absoluut uitgestaan hiermee. Ek is verseker jy het soos ‘n prinses hierin gevoel en nou weet ek waaroor die gekoer en geheimsinnigheid was. Dit was die moeite werd om te wag voor!!!! Jy het absoluut pragtig gelyk hierin. Jou grimering het jou baie sag laat lyk en jou bykomstighede kon nie beter gekies gewees het nie. Jy LEEF jou kunstigheid!!!

  • Jan Steenkamp

    Jy lyk baie baie mooi! Ek is baie trots op jou!

  • Annemarie van den Heever

    Jy het soos ‘n feëtjie gelyk!! Pragtig!! XXX

  • Anine Ziegelmeier

    Jy het baie mooi gelyk! Die familie is trots op jou.

  • Erika Stapelberg

    Wow! Jy kon net sowel ‘n finalis vir Mej SA gewees het! Die rokkie is pragtig, en dit is JY! Hou gerus daardie blou vir altyd op jou "dra baie" lysie! Alles het so mooi gepas en jy lyk werklik asemrowend en sommer skielik baie groot …….. Liefde

  • Shirley Mouton

    Wow Nelize, jy het pragtig gelyk! Die kleur het jou pragtig gepas en komplimente aan die ontwerper. Sy het haar goed van haar taak gekwyt!

  • Jan-Harm

    hey swiester ,baie moie gelyk jong