ek_en_gerald
Matriekafskeid

Nicolene van Wyk

Ek het nog altyd oor ‘n rooi matriekafskeid rok gedroom. Ek was bevoorreg om my tannie se hardwerkende hande net vir my rok te kon gehad het. My plan was van die begin af om van verskeie teksture van materiaal gebruik te maak. My “bodice” was van leer; waarop my tannie per hand uitsnywerk van ‘n blom motief gedoen het. Dit het mooi diepte gegee. My inspirasie kom eerstens uit Hooglied 4:7 waar God sy liefde in my skoonheid openbaar. Als het so mooi in plek geval ek kon nie vir meer gevra het nie! Nog ‘n baie belangrike motivering is my oorlede moeder. Die blom motief herinner my aan haar en terwyl sy nie my spesiale dag kon meemaak nie was sy in my herinnering elke oomblik met haar liefde vir blomme. Net so na die winter wag elkeen vir die vars reuk van die oggend en die blomme wat blom. So was my matriekafskeid-aand vir my – ‘n hoogtepunt in my skoolseisoen. Volgende jaar – die opwinding van iets nuuts.

 

Sien alle inskrywings

  • Ina

    Jy lyk stunning in jou spog rok!

  • Boeta

    Uitstekend! Pas totaal by jou persoonlikheid! Asemrowend en fassinerend!

  • Dieter van der Westhuizen

    Amazing!

  • Jolanda

    Jy’t soos ‘n prinses glyk in die rok!! Jou beauty!!*

  • Jeanca Hatingh

    baie baie mooi rok en goeie inspirasie!!!

  • Tania Bodenstein

    Jy het asemrowend gelyk! almal wat jou ma geken het sal weet hoe lief sy vir blomme en mooi klere was. Ek is bly dat sy so na aan jou gevoel het op jou spesiale dag. Ek weet sommer sy is trots op jou.

  • Jolene

    Jy het pragtig gelyk gogga!!!

  • mellisa

    jy lyk net soos ons klein feetjie, ek onthou toe jy so klein was dat jy en jou mamma so feetjies gekyk het en hoe lekker jy jou kon verbeel. jyt so mooi groot geword en my ma en pa pas daai rose ong net so mooi op. lief jou

  • etienne

    Jy het (soos altyd) pragtig gekyk! Bly so kosbare mens en laat jou geloof ,net soos daai pragtige rok , mense daagliks inspireer!

  • etienne

    Jy het (soos altyd) pragtig gelyk! Bly so kosbare mens en laat jou geloof ,net soos daai pragtige rok , mense daagliks inspireer!

  • Erika

    Nicolene, jy het pragtig gelyk!!!