img_0623_copy
Matriekafskeid

Noelle Steyn

Daar was eintlik geen inspirasie vir hierdie rok nie. Ek het nie eens geweet ek sou dit kry nie. My pa werk gereeld oorsee en tydens een van sy besoeke aan Amerika het hy hierdie rok raak gesien. Hy het onmiddelik daarvan gehou en besluit hy wil die een wees wat my rok koop. Hy was nie seker van my rok grootte nie en wou ook nie vra nie, toe kry hy ‘n meisie wat min of meer soos ek gebou is om die rok aan te pas. Toe ek een middag in my kamer instap hang die aller mooiste rok teen my kas, ek kon nie glo wat ek sien nie. Dit was die perfekste rok vir my, amper asof dit aan my lyf net vir my gemaak is…

 

Sien alle inskrywings

  • Andre De Beer

    Jou Pa is great. As jy net weet wat die woorde vir jou Pa beteken. Jan dit is lekker om die gevoel te he ek deel dit met jou.

  • Lettie Schloms

    Sjoe, wat ‘n Pa!!!! Wat ‘n pragtige meisie!!!

  • Hanna Basson

    Wat ‘n voorreg om ‘n pa te he, dan nog daarby een wat so oulik is!!!!! Jy het so mooi gelyk, jy het die rok gedra en nie die rok vir jou nie!!!! Awesome pa en dogter!