Matriekafskeid

Matriekafskeid: Laaste kans om in te skryf!

SKRYF HIER IN!

Uiteindelik is dit jóú beurt om op die rooi tapyt te skitter en jou pragtige rok vir die wêreld te wys. Skryf nou jou uitrusting in vir ons matriekafskeidrok-wedstryd en beleef jou oomblik van glorie.

Chris Viljoen, SARIE se modedirekteur, gee raad: “Die perfekte matriekafskeidrok het goeie styl, die regte kleur, en weet waar om die briek aan te draai. Jy wil nie soos ’n Krismisboom lyk nie, maar gebruik die seisoen se helder kleure.” (Volg Chris op Twitter)

Modedirekteur Chris Viljoen

WAT JY KAN WEN!

Een persoon kan die sexy nuwe pienk BlackBerry® Curve™ 8520-slimfoon losslaan en ook in SARIE pryk.

[box:full:pink:both]

Kies ‘n BlackBerry® vir Borskankermaand

[/box]

Die beste dinge in die lewe is pienk! Malvalekkers, sonsondergange, spookasem, rose, aarbeiroomys, lipglans – en BlackBerry.

Ja, die nuwe BlackBerry® Curve™ 8520-slimfoon, waarop jy alles van ‘n BBM™-boodskap (BlackBerry® Messenger) tot e-pos of ‘n SMS kan stuur en ontvang, is pienk.
 
En spesiaal vir die veldtog teen borskanker sal BlackBerry® met elke aankoop van dié blinknuwe pienk BlackBerry®-slimfoon R20 aan die Pienk-veldtog skenk ten bate van borskankerbewustheid.

Elke klant wat van hierdie aanbod gebruik maak, kom óók in aanmerking om een van 10 spesiaal ontwerpte Swarovski-kristal-rugkantbedekkings te wen. Die aanbod is slegs van 1 tot 31 Oktober 2011 beskikbaar deur Vodacom by uitsoektakke van Edgars en CNA.

Blinknuwe pienk BlackBerry® Curve™ 8520-slimfoon

SKRYF SÓ IN

1. Skryf in deur dié vorm in te vul en 2 foto’s (elkeen onder 4 MB) op te laai: een vollengte-foto en een kop-en-skouersfoto.

2. Vertel ons ook waar jy die inspirasie vir jou rok gekry het.

3. Deel jou inskrywing met jou Facebook-vriende en Twitter-volgelinge en vra dat hulle kommentaar lewer.

*Die wenner sal gekies 
word deur ’n paneel 
van beoordelaars.

Sien die wedstrydreëls

Sluitingsdatum: 11 November 2011

  • Karin

    Ek is opgewonde oor die kompetisie van Sarie. Dis altyd lekker om te sien waarmee die kinders vorendag kom.

  • Rensche Bougas

    Dis nou oulik,ek share dit!

  • Darita Roberts-Baxter

    kan ‘n mens net op facebook stem, wat van mense wat nie op face book is nie??

  • ronel

    Sarie – hoekom sukkel baie mense om hul kommentaar te laai! hulle kliek stuur maar hy wil dit nie vat nie?

  • Cariena Augustyn

    Ek het reeds ingeskryf maar ongelukkig te laat gesien dat ek ‘n vollengte en ‘n gesig foto moes instuur. Ek het dus twee vollengte foto’s gestuur. Is daar ‘n manier wat ek ‘n alternatiewe foto kan laai? Groete Cariena

  • Mandi Wilsenach

    Goeie idee, die meisies betaal so baie vir hierdie baie spesiale rokke – en doen so baie moeite met hulle uitrustings. Sarie julle dink altyd aan ‘n blink idee vir blootstelling, julle bly maar die TOP TYDSKRIF

  • Alletia

    Dis wonderlik dat hierdie geleentheid geskep is vir die meisies om te ervaar deur die oe van ander net hoe fabelagtig hulle gelyk het, Dit is sooo ‘n spesiale dag, dit kan soveel in die toekoms voorspel. Meisies, of jy ‘n prys wen of nie, veels geluk op jou, op die spesiale dag en op hoe pragtig jy gelyk het! Moenie twyfel oor jou potensiaal nie – jy is deel van ons almal se onsterflike droom!!!

  • bianca

    Die deelnemers is vol verwagting,kan julle nie nou maar die Top 10 aankondig nie?