sdc13072jpg
Matriekafskeid

Petra Erasmus

Ek het ‘n rok gesoek wat die beste aan MY lyf pas – en nie ek die rok nie . Iets natuurlik en sag. ‘n Rok waarin ek net myself kon wees sonder om ongemaklik te voel. Die rok moes Petra wees. My inspirasie was die natuur. Die neutrale kleure…met ‘n uitbarsting van ‘n helder kleur van ‘n blom (soos my bloedrooi skoene). Fyn. Kalm.

 

Sien alle inskrywings

  • Soretha Kotze

    Vroulik en tog lyk sy soos ‘n matriekmeisie behoort te lyk, nog kind nog vrou. Die rok komplimenteer haar beslis.

  • Johannes

    Sy’s ‘n bitter goeie vriendin van my, weet wat sy wil he, en kry dit gewoonlik. Die rok was perfek vir haar en het op die aand haar persoonlikheid goed uitgebeeld met ‘n smile oral waar jy kyk! Sys ‘n fyn mensie maar ook spesiaal en vol lewe…daarom pas die rok goed met sy fyn effek en haar rooi skoene!
    Jy’t pragtig gelyk Peta, well done!

  • Sandra Bohta

    Ek is so verheug om te sien dat daar nog matrikulante is wat goeie smaak het! ‘n Tyd terug moes alles uithang en wys! Petra, jy is ‘n jong dame wat beslis nie daaraan gekoppel word nie! Jy het baie stylvol en ongelooflik mooi gelyk. Beslis ‘n goeie rolmodel vir die jonger leerlinge! Jou familie kan baie trots wees.

  • Sandra Botha

    Ek vra onverskoning vir die drukkersduiwel wat ingesluip het! Botha i.p.v Bohta.

  • Eliz-marie

    jyt regtig pragtig gelyk!!

  • Hannelize

    Pragtige rok!