img_9632_1
Matriekafskeid

Rio Lombard

My mode-motto “Less is more” (menende nie minder materiaal nie), het my sagte, stylvolle, maar tog sexy rok (met net genoeg “bling”) tot gevolg gehad. My rok is geinspireer deur ‘n ontwerp van die oorsese ontwerper, Ian Stuart, maar omdat ek nie van “balrokke” hou nie, het ek en my ontwerper die onderkant aangepas en bandjies aan die bostuk aangebring. My ma het letterlik dae lank al die swarovski kristalletjies en glaskraletjies daarop vasgewerk. Die kleur van my rok herinner my aan die Plumbago-blommetjie en toe ek al baie vroeg in die jaar ‘n juweelreeks in daardie kleure by Sass Diva sien het ek geweet dat dit my rok se kleur moet wees. Ek het dit vir almal ‘n verassing gehou tot die groot aand. Hierdie is MY PRINSESROK wat perfek by my persoonlikheid pas. Elke liewe oomblik van my matriekafskeid gevier saam met die spesiaalste vriende ooit, sal ek vir altyd in my hart koester.

 

Sien alle inskrywings

  • Suzelna Louw

    Pragtig en stylvol! 10 uit 10 vir die ma se stempel op die uitsonderlike rok.

  • Johanna Marais

    Dis n pragtige foto, en n pragtige paartjie. Ek is gaande oor die rok se kleur en snit! Hoop julle wen!

  • karin

    Baie gepas vir die geleentheid – hou ook van die hare

  • Karin de Gouveia

    Wragtag pragtig!!!!

  • chantelle

    Aan die meisie met die uitsonderlike naam – jy is BEELDSKOON en lyk pragtig in jou prinsesrok!!!!

  • riëtte rust

    Ek moes net "comment" op jou inskrywing – jou rok vang my oog omdat jy so sag, vars en vroulik lyk en glad nie oordoen nie en jy is pragtig!

  • LeJuan

    so mooi en stylvol!!

  • Theresa

    Baie mooi en mooi meisie!