jse_dsc_5861
Matriekafskeid

Rochelle Gouws

Nie net moes ek vir my eie afskeid ‘n rok maak nie, maar my ouma het vir my hierdie fantastiese blou kant rok gemaak vir my kerel se afskeid wat die dag na myne was. Die rok is van sagte blou materiaal gemaak en dan is daar ‘n intrieke kant bo-oor. Die Kant is in Johannesburg gekoop en het kraletjies en glitter opgeplak. Dit was ‘n pragtige aand en die rok was so gemaklik en ek het soos ‘n prinses gevoel in die rok. My ouma het baie hard gewerk aan die rok en ek is so dankbaar dat sy die tyd kon kry om vir my twee rokke te maak. Dankie Ouma!

 

Sien alle inskrywings