1_k30d844cc7d467_2
Matriekafskeid

Rochelle Jansen

Ek wou op my matriekafskeid soos ‘n prinses voel en lyk! Almal moes weer ‘n keer kyk. Toe my ma die dag by die huis kom en my inlig dat sy weet hoe my rok gaan lyk was ek moeilik. Om die vrede te bewaar sit ek toe en wag vir die ergste. Maar tot my verbasing het my ma bietjie navorsing gedoen oor rokke, drie uitgelig en vir my my droomrok bymekaar gesit in prente. Rok 1 se bostuk voor, rok 2 se bostuk agter en rok 3 se romp. Ek was mal daaroor en dit was ek, tydloos en elegant!My kleur het ek op ‘n donker warm pers besluit vir buite en swart binne. Met gehekelde swart detail en kraletjies vir dramatiese effek hier en daar. Met ‘n beperkte begroting wou moeder my droom bewaarheid en Mev fimies het begin soek en Irene ontdek. Sy het my rok ontwerp en haar daarin ingeleef, was ook saam om materiaal te koop. Teen ‘n geringe maakloon het sy my die meisie op die rooimat gemaak.

Sien alle inskrywings

  • nyenyega

    hnzKZE ngpvqblcdjce, [url=http://rnyveyofiouc.com/]rnyveyofiouc[/url], [link=http://epumsguoitiu.com/]epumsguoitiu[/link], http://iygxwqgkxude.com/