Matriekafskeid

Ronè Van Wyk

Ek het al jare gedroom oor my rok, maar met elke jaar se modeneigings dan het die prentjie in my kop weer verander. Ek het altyd van helder moderne kleure gehou, maar gedurende my matriekjaar het ek al hoe meer van sagter kleure begin hou. Ek het ook van die gevoel van wat ou antieke goeters in my losmaak begin hou. Dit gee ‘n gevoel van ingeleefheid en geborgenheid. My balletagtergrond het ook ‘n groot rol gespeel. Ek wou graag die balerinastyl uitbeeld, enersyds, omdat dit baie klassiek is en ook omdat dit kan ‘translate’ in drabare mode. Die outydse gevoel moes ook daar wees, maar nie koekig nie. Die kleur was vir my belangrik dit moes ‘n skakering van die pienk van my pointskoene wees. Natuurlik moes daar ook bietjie bling wees. Sagte sy sjiffon het die rok afgerond. Dit was vir my pragtig toe ek die eerste keer die prentjie in my kop, in die werklikheid gesien het. Dankie Yihan dat jy my droom waar gemaak het!

 

Sien alle inskrywings

  • linda van wyk

    J’t pragtig gelyk my kind. Mammais so trots op jou.

  • adri rossouw

    Stunning rok!

  • Linda Futcher

    Hierdie rok is voorwaar prentjiemooi. Ek dink dit pas Rone perfek. Die antieke gevoel kom baie sterk deur. PRAGTIG, defnitief my gunsteling.

  • Marieta Jonker

    Beautiful, sexy, elegant en vintage als in een pakke. Jy was stunning.

  • Marisan

    Baie vroulike rok, beautiful, wens net jou vollengte foto was teen ‘n meer kontrasterende kleur muur sodat ons die rok se kleur mooier kon sien.

  • Liz

    Ek LAWIT!!!!

  • adri

    Rone, dis ‘n stunning rok!

  • Lynette Meyer

    Ek love die rok!

  • Lecia

    Sjoe, dis ‘n pragtige rok, hoor!

  • Annelet

    Regtig pragtig