Matriekafskeid

Samantha Anne Reynolds

Dit was my droom om ‘n halternek rok te dra. Voor my matriekafskeid was ek vir ‘n kleuranalise. Ek het ‘n baie wit vel en moes die kleur van my rok my vel komplimenteer. My doel was om soos “Sam” te lyk: net meer vroulik en formeel. Ek wou ook anders lyk. Ses maande gelede het ‘n klasmaat, Joy Jacobs, vir my prente gewys. Toe ek die prent sien van my rok, het ek dadelik geweet dit is wat ek wou hê. My rok was gemaklik om in te beweeg. Ek wou graag ‘n stylvolle en elegante voorkoms hê. My rok het my soos ‘n bruid laat voel. Ek is baie dankbaar dat ek die aand saam met my ouers kon bywoon asook my ongelooflike kys: Tiaan Steyn. Dit was ‘n baie spesiale aand vir my.

Sien alle inskrywings

  • Delmarie Reynolds

    Voorwaar stylvol en elegant. Kleur baie uniek, pas perfek by velkleur, Kleur onderstreep hoe pragtig jy is. Ek dink jy het ‘n uitstekende keuse gemaak vir so ‘n jong dame.

  • KT

    Ek dink jou keuse was in die kol wat betref dit wat nou in die mode is so ook jou haarstyl! Dit is regtig lekker om te sien hoe jy die huidge mode giere korrek aanwend vir ‘n "stunning" produk!

  • Letisia Griessel

    Sam het prentjie-mooi gelyk. Die kleur van haar rok, die valle op valle en die halternek het die pragtige dametjie laat uitstaan op haar groot aand. Sy’s ‘n meisie wat weet wat sy wil hê, en sy weet waarin sy goed lyk; dit het sy weereens met hierdie pragtige rok gewys.