matriekafskeid._samantha_063
Matriekafskeid

Samantha Potgieter

My seunsvriend Ryno kan baie mooi teken. My ma het op die internet gesoek vir mooi rokke, maar ons kon nie kry waarvan ek gehou het nie, omdat ek lank en slank is. Ryno my seunsvriend, het vir my ‘n rok geteken. Ek kon ook nie besluit watter kleur om te kies nie, aangesien ek mooi lyk in turkoise en pers. Hy het my rok ontwerp met altwee kleure in. Die ontwerper kon nie glo hoe goed die tekening was nie. Ryno het gese dat ek hom geinspireer het om die rok te teken, aangesien hy geweet het ek wil mooi lyk op die glans geleentheid. Ek het daardie aand baie spesiaal gevoel, omdat ek geweet het dat my ma, Ryno en die ontwerper alles ingesit het om my so mooi te laat lyk en voel. Dankie julle.

 

Sien alle inskrywings

  • Anzelle

    Jy het ongelooflik pragtig gelyk Samantha.Baie mooi rok.

  • Marinda Lombard

    Pragtig !

  • Marie Gair

    Samantha- soveel skoonheid aan die binnekant laat jou hierdie stunning rok dra met net die grasie wat net n prinses kan!!!

  • Coba Muller

    Jy lyk pragtig Samantha ja nee julle raak nou te vinnig groot