Matriekafskeid

Simone Haylett

My pa is baie uitstedig vir werksverpligtinge en het my agtiende, aanneming en matriekafskeid gemis. Ek en my pa deel ‘n liefde vir die sterre en die maan. Hy herinner hy my altyd, dit maak nie saak waar hy in die wereld is, ons altyd opkyk na die dieselfde maan, sterre en hemelruim. Ek moes in gedagte gehou hy mag dalk ook my matriekafskeid mis. So het ek my inspirasie en idees gekry hoe my rok my tog sal laat voel, hy is by my. Ek het na materiale gesoek wat sou skitter soos die sterre, ‘n glans gee van die maanskyn en die kleur wat my die gevoel van warmte, liefde en samesyn gee. Al was my pa duisende kilometers weg, was dit asof hy elke oomblik by my was in elke glinster en weerkaatsing van my rok. My ma, my steunpilaar weerspieel in die kleur met haar liefde en kalmte. Ek wou vroulik en elegante voel en terselfdetyd my bates beklemtoon. Die silwergrys rose gedrapeer op my rok is ‘n weerspieeling van my liefde vir die natuur en samesyn van my liefde en respek vir my ouers. Ek sal niks verander nie, my rok was perfek.

 

Sien alle inskrywings

  • Adri

    ‘n Inspirasie van die hart met soveel liefde en waardering! Dan het jy sowaar soos ‘n prinses gelyk!

  • simonique

    Pragtig**

  • Roche

    Die wat Simone ken, werklik ken, sal weet sy is n persoon wat min verwag! Simone jy is n insperasie vir my! Veral omdat my eie pa ook nie altyd by my kan wees nie! PRAGTIG!!! Ek is seker jou pa is baie trots!

  • Rozelle Crous

    Wat ‘n pragtige storie en mooi jonge dame. Dit bring ‘n riem onder die hart om te weet daar is nog jong mense daar buite wat sulke goeie waardes nog aan die dag le. Sy is definitief ‘n inspirasie vir ander jong mense. Sy stel ‘n goeie beeld en straal ‘n natuurlike skoonheid uit.
    Die blou komplimenteer die blonde harte so pragtig. Alle sterkte aan haar en hoop sy bly so ‘n vreugde en liewe dogter vir haar ouers.

  • marius swanepoel

    Mooi was nog nooit so mooi nie my maitjie ,I love you to bits

  • Paul

    Jy lyk regtig mooi.

  • Lorinda Van Zyl

    Pragtig. Baie trots op jou. En jy is regtig ‘n prinses altyd. En jy sal altyd in ons almal se harte wees.

  • Jessica Walker

    j ht regtig bja mooi gelyk di rok ht jo personlikheid sos n handskoen gepas j ht stunnig gelyk simone

  • Mumsie

    Ek wil as Simone se ma ook hartlik dankie se aan Margaretha Rossouw, van Panorama wat die rok vir haar gemaak het, die geduld en die oor en oor uitmekaar haal en dan weer aanmekaar sit…….shjoe…ek ek het partykeer gewonder waar gaan hierdie rok heen. Dit is sowaar ‘n pragtige skepping en ek kyk nou met ander oe en waardering na die rok……………….nou verstaan ek hoekom die rok spesifiek so moes gelyk het met die 3 verskillende materiale……….dankie my meisiekind alles maak nou vir my sin:) Ek en jou pa is baie lief vir jou al was hy nie daar nie……….hy het geskitter in sy afwesigheid!

  • Collin Smith

    Mooiste woorde! Pragtigste Rok!

  • Maureen

    Jou rok het jou met soveel liefde omvou – die glinster in die rok weerspieel die glinster in jou persoonlikheid – jy is ‘n ster van bo gestuur vir jou ouers en kan hulle so trots wees op jou! Jy liefde en omgee vir almal om jou "glow" behoorlik in jou as mens – Lief jou!

  • Cara Le Grange

    Beeldskoon#*slash*# Gorgeousness 🙂 x

  • Christa Walker

    Simone het baie mooi gelyk.Eer jou Vader en Moeder en jou dae sal verleng word.