Matriekafskeid

Simone Van Wyk

Rooi is die kleur van sukses. Ek werk hard in alles wat ek doen en druk myself tot die uiterste. Niks in hierdie lewe is verniet nie en so ook nie geluk of sukses nie. My rok is gemaklik sodat ek maklik kan beweeg en myself ten volle kan geniet. Een van my mees geliefde sporte wat ek beoefen is Vroue Yskokkie Westelike provinsie dus kon ek nie glo hoe die eind prentjie weerspieël het nie.

Sien alle inskrywings

  • Simone is werklik baie streng op haarself. Sy oefen hard en sy leer hard. Vir ‘n dogter wat eintlik net ‘n skoolrok besit en self besluit het hoe sy haar rok wil he, was die eindprentjie sprokiesmooi. Wanneer sy gesien word in die sagte lig van hierdie pragtige rokkie, kan geen mens werklik besef hoe sportief en kompeterend sy werklik is nie. ‘n Dogter met goeie inbors en groot geloof in God die Skepper – sy is waarlike ‘n dogter om baie trots op te wees. En glo my, ek is.

  • Leré

    baie mooi sus! Ek was baie geskok om jou in ‘n rok te sien, ek kyk nou net hoe mooi het jy gelyk! Baie mooi hoor!

  • Dit is net ‘n baie selfversekerde mens wat rooi tot sy reg laat kom. WOW jy het dit! Die rok en die persoon is ‘n treffer

  • Annalene

    Rooi is beslis jou kleur! Stunning!! ‘n Wenner sowaar

  • Susan Mostert

    Simone jy is my dogters se rol model. Jy lyk ongelooflik, ons het nooit gedink jy sal ‘n rok aantrek. Jy lyk asemrowend mooi. Beslis ‘n wenner!!

  • Faraaz

    WOW. Stunning regtag waar die mooiste wat ek sover gesien het. jy moet meer model.

  • Aurora Steenkamp

    Simone jy is n dogter waarop n ma baie trots kan wees! Jy het beeldskoon gelyk in die rooi!