Matriekafskeid

Soné van der Merwe

Van ek kan onthou, droom ek van my perfekte martiekafskeid rok. Ek het al maande voor die tyd rok ontwerpe op die internet begin soek en ek het toe my rok op ‘n Elie Saab ontwerp baseer. Ek is mal oor helder, ryk kleure en baie detail, maar ‘n eenvoudige en eligante rok was ‘n definitiewe. Toe ek my materiaal sien, was ek dadelik versot daarop. Alles waarvan ek gehou het, van gedroom het was in daardie stuk lap vasgevang. Met die ontwerp, die materiaal en die kennis van die ervare Sylvia van der Merwe, was my droom rok gewaarborg. Ek kan met alle eerlikheid sê dat die rok al my drome oorskry het…dit is my droom rok!

Sien alle inskrywings

  • KT

    Sone I’m surprised no one else has commented on your dress – it is a winner and your choice of jewellery is very now. The colour complimented your hair and skin tone. Good luck with the competition.

  • Strydom’s

    Sone, jou rok se styl is besonders mooi, dit komplimenteer jou model-lyf. Om nie eens te praat van daardie natuurlike vos-rooi haarlokke wat speels oor jou skouers val nie. Jy staan net uit!! Jy is vir ons waarlik ‘n wenner in hierdie kompetisie. WS

  • bonnie

    SONE! JY IS DIE BESTE. JOU ROK WAS DIE MOOISTE. JOU SKOENE IS DIE AWESOMESTE! jy was baie kreatief om dit so eenvoudig as moontlik te gehou het! sterkte met die kompetisie en jy moet vir mamma sylvia baie dankie se!